Jy is op die
Tuisblad...


Koop e-boeke aanlyn op die amazon.com aanlynwinkel


 

 

Helene De Kock

Ek  skryf omdat mense my interesseer. Veral verhoudingsverhale  roer my hart. Alhoewel die liefde n belangrike onderwerp in my verhale is, staan dit nooit apart van ander verhoudings nie. Die liefde self is verweef in die web van die lewe, glo ek. Ander verhoudings word daardeur geraak soos die verhouding tussen ouer en kind, die verhoudings tussen broers en susters en ons almal se verhouding met God en die groter wreld om ons.   Helene de Kock

Uit di skrywer se pen het al digby die veertig boeke verskyn waarin sy dit inderdaad regkry om lesers se harte op n besondere manier aan te raak. Die pragtige verhale waarvan sommige iewers op n wynplaas in die Kaap afspeel of ander met die Oos-Vrystaat en Riemland as milieu, is almal stories wat n mens aangryp vanwe haar fyn uitbeelding van die verskillende karakters. Die skeppinge uit haar pen getuig beslis van haar fyn insig en mensekennis. Alita Vorster (Joernalis)

 

Nuwe Publikasies:

"Debora en seuns" Word uitgegee deur Human & Rousseau - 2015. Die boek is beskikbaar by CNA en Exclusive Books en ook as 'n E-boek op amazon.com.
 

 

 

 

"When Death becomes Life" Beskikbaar  as 'n E-Boek op amazon.com en barnesandnoble.com.

 

 

 

"Engel op die Drumpel" Word uitgegee deur Christelike Uitgewers Maatskappy - 2011. Die boek is ook beskikbaar op amazon.com as 'n e-boek.

 

 

 

"Somersneeu" Word uitgegee deur Human & Rousseau - 2010. Die boek is ook beskikbaar om amazon.com as 'n eeboek.

 

 

 

"Omnibus 12" Word uitgegee deur Human & Rousseau - 2010. Die boek is ook beskikbaar op amazon.com as 'n e-boek.



 

 

 

"Die hemelburgers"  Word uitgegee deur CUM Boeke - 2009.

 

 

 

"AS DOOD LEWE WORD" Word uitgegee deur CUM Boeke, Julie 2007 

Nou beskikbaar in English as 'n E-Boek by amazon.com of barnesandnoble.com

 

 

 

 

 

 

"Omnibus 10"  Word uitgegee deur Human & Rousseau Uitgewers - 2008. Ook beskikbaar op amazon.com as e-boek

In die Vrystaatse Riemland woon die Bassons en die Baumanns wie se geskiedenisse deur vriendskap en intrige verweef is. Hulle ken vreugde en leed, en die ver paaie wat die liefde met elkeen loop. Hierdie twee romans, waarin die karakters letterlik en figuurlik ver moet reis, beeld die wel en wee van di twee families met deernis uit. Human & Rousseau Uitgewers  

 

 

 

 

 

 

 

"Dieper water"  Word uitgegee deur Tafelberg Uitgewers in Oktober 2007. Ook beskikbaar op amazon.com as 'n e-boek.

 
Op die plaas, Diepwater, speel die verhaal van Rachel en Hektor Froneman hom af. Hulle is tegelyk minnaars en eggenote, vriende en bitter vyande. Van hul kindertyd af is hulle onskeidbaar. Maar Diepwater, gele in die berge van die Oos-Vrystaat, is n plek van geskiedenis en trauma. Soos wat die veranderende tye, van voor die Tweede Wreldoorlog tot anderkant apartheid deur die land golf, word ook Rachel en Hektor ten seerste daardeur geraak. Ook Rachel se Ouma Ragie en haar Nikolaas se liefde is op hierdie geliefde familieplaas deur n oorlog getoets. Rachel sn weer deur die politieke gees van die tyd. Sy ontdek dat sy politiek haat, want dit bring n verskriklike tweespalt in haar. So erg dat sy selfs vir Hektor, wie sy innig liefhet, vervreem... Sy ontdek dat geen mens die beeld van sy tyd kan ontsnap nie en dat mens nie vir altyd met n geheim kan saamleef nie. Dat die waarheid hom slf later uitdra buite toe...
Dieper water is n familie sage waarin drie liefdesverhale oor drie tydperke vervleg is. Die kompleksiteit van die liefde en die soeke na die self vorm die tema van hierdie roman. Dit gaan hier oor die aard van liefde en vertroue - en die weerloosheid van die mens as die tydgees oor hom spoel.

Dieper water is op geen vlak n liggewig nie. Die plot, struktuur, karakterisering en uitbeelding van die milieu in Dieper Water is besonder knap vasgel. Dit is n roman met diepgang, een waarvoor die woord oppervlakkig beslis nooit sal geld nie Dr. Etienne Bloemhof - Redakteur Tafelberg Uitgewers.

Dis n pragtige verhaal met diepte en warmte. Madri Victor Assistent Redakteur Tafelberg Uitgewers.

 

"Lelie van die Laagte"  Hierdie is n Mirre boek, n Christelike reeks van Tafelberg Uitgewers wat in September 2007 verskyn. Ook beskikbaar op amazon.com as 'n e-boek..

Mia Dijkstra is n jong predikant en help uit in die stadsgemeente waar sy en haar veel jonger suster, Karien, grootgeword het. Hul ouers is oorlede. Hul situasie is benard want Mia se besoldiging is baie skraps. Hulle het egter n uitnodiging van hul pa se suster wat op Stellenbosch woon. Professor Leona Cloete raai hulle aan om by haar op Stellenbosch te kom woon.
Mia besef gou dat dit eintlik al is wat sy en Karien kan doen. Dis egter nie so maklik nie en sy moet eers as kelnerin in n restaurant begin werk om hul karige fondse te sterk. Hul buurman is Tom Muller, n teologiese student wat eers laat in sy lewe gaan leer het en hy kritiseer Mia op n manier wat haar hare laat rys. Hy is egter aantreklik en meesal is hy reg. Daar is ook Karel de la Harpe, n gawe wynboer. Hy vind Mia onweerstaanbaar en bewonder haar dat sy die moed het om uit te spring selfs al kry sy nie n beroep nie.
Gaandeweg vind Mia tog dat daar werklik n Hand is wat haar lewe beheer. Iemand om na uit te reik, en al het jy van Hom geleer, moet jy Hom liefs eers persoonlik leer ken. Sy raak eindelik tevrede met die feit dat sy eintlik n lelie van die laagte, of n gewone meisie is. Iemand wat moet blom waar sy geplant word.

 

"Omnibus 9" Word uitgegee deur Human & Rousseau in September 2007. Ook beskikbaar op amazon.com as 'n e-boek..

Man van Gister is n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense wat na die afloop van hul studies uitsien na n idilliese vakansie op Damplaas in die Oos-Vrystaat. Maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak is daar tog diep emosionele onderstrome in hul onderskeie verhoudinge. En die aanwesigheid van die nuwe veearts in die omgewing n man met n verlede lei tot verdere omwentelinge.

Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesi vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde Kallie skielik getroud is. Maar gelukkig is daar n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat wt dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan. In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronj en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.

Uur van die Sewester is n spannende verhaal wat in die Oos-Vrystaatse berge afspeel. Clara is terug op die plaas na haar verblyf in Itali en dis eers wanneer n ou jeugvriend, Alfons Minnaar, een aand gewond by die voordeur opdaag en vra dat sy sy teenwoordigheid geheim hou dat sy agterkom dat daar vreemde dinge aan die gang is in die berge. Mense praat van dwelm- en wapensmokkelary . . .

Helene de Kock beeld haar karakters met deernis uit. Vier ontroerende verhale wat aan die leser genot sal verskaf tot op die laaste bladsy.